Daar is dinge wat ek nie verstaan nie
Donker kamers sonder deure waarin ek staan
Wat ek nie kan sien nie, moet ek voel-voel ontdek
Hierdie ontdekkingstog neem wel veel langer
Maar die vorms bly my by want ek het dit aangeraak

Jy was vir my soos 'n boek in 'n vreemde taal
Ek moes jou woord vir woord ontsyfer
Baie van jou woorde maak nie sin nie
Maar ek kon uiteindelik tog die storie volg
Teen die einde van die boek behoort ek jou taal te ken

Tussen ons gebroke harte en drome wat aan skerwe le
Trap ons versigtige spore van hoop of wanhoop
Ons dink saam, praat saam, en beplan saam
Maar ons wonder alleen en ons huil alleen
Want ons is bang om pyn en liefde te deel

(please ask a South African to translate)